
Baie welkom by ons kerk se webtuiste!
Ons is bly jy is hier.
Ons het jou verwag en wil jou graag van diens wees.
Aangename kennis
Ons weet dat meeste mense daarvan wegskram om vreemdelinge te ontmoet, en ons besef hoe intimiderend ‘n besoek aan ‘n kerk waar almal vreemd is, kan wees. Ons wil daarom help om jou eerste besoek aan ons kerk ‘n besonderse en aangename ervaring te maak.
Eredienstye
Ons kom elke Sondag op die selfde tyd bymekaar. Met spesiale geleenthede doen ons moeite om die reëlings betyds bekend te maak.
-
Sondae om 09:00
Plek en roetekaart
Gemeente Vanderbijlpark se fisiese adres is:
H/v Langenhoven- en Goethestrate
CW6, Vanderbijlpark
Kliek hier om die roetekaart oop te maak.
Wat kan jy verwag?
Die tydsduur van ons eredienste
Tyd is kosbaar en daarom respekteer ons mense se tyd. Die tydsduur van ons eredienste is gewoonlik 60 minute. Met spesiale geleenthede soos met nagmaal- en doopgeleenthede kan die erediens effens langer wees. Ons sing gewoonlik ‘n paar liedere voor die formele deel van die erediens begin. Die erediens verloop volgens die liturgie wat deur die prediker uitgewerk is. Tipiese elemente van die erediens is liedere, gebede skuldbelydenis, genadeverkondiging, Skriflesing en prediking. Die erediens is by uitstek die plek waar ons die verlossing wat Christus vir ons verwerf het vier, maar ons vier dit ook op elke ander plek waar ons leef. Met ons lewenswyse getuig ons van die hoop wat in ons leef. Daarom is elke byeenkoms ‘n feesgeleenheid waar ons die oorwinning oor sonde en dood vier.
Wat is die kultuur by ons gemeente?
By ons is Sondae opwindend, gemaklik en ontspanne. Kleredrag is netjies informeel, so, kom soos jy is en verwag dat jy as ons gas baie welkom sal voel.
Ons sal dit waardeer indien jy 'n paar oomblikke neem en jou eerste indrukke van ons webtuiste met ons deel. Jy is ook welkom om ons te kontak indien jy 'n besoek met ons predikant wil reël.