Die Kerkjaar
Die kerkjaar begin met die Eerste Adventsondag - die vier weke voor Kersfees. Vanjaar is dit op 29 November 2020.
Kom ons kyk vlugtig na die indeling van die jaar:
-
Advent is die seisoen waartydens ons vir Christus se koms voorberei (4 weke).
-
Kerstyd is die seisoen waartydens ons Christus se menswording vier (12 dae).
-
Epifanie (openbaring van Christus as God) waartydens ons onthou hoe Christus God se heerlikheid aan die wêreld bekend gemaak het (tot 9 weke).
-
Lydenstyd ( ook genoem Lent) wat lei na die kruis. Die klimaks is die Groot Lydensweek wat hierdie seisoen afsluit (40 dae plus Sondae).
-
Die Paastyd herdenk Christus se opstanding, sy nuwe lewe en sy hemelvaart. Dit sluit op Pinksterdag (die dag waarop die Heilige Gees uitgestort is) af (50 dae).
-
Die Seisoen na Pinkster is die tyd van die kerk waartydens ons deur die Heilige Gees die lewe van die evangelie in die geloofsgemeenskap en wêreld uitleef (tot 29 weke).
Hierdie tradisie het in die vroeë kerk ontstaan en is deur die eeue van geslag tot geslag oorgedra deur die aanbidding van die kerk. Hoekom is dit nodig om die Kerkjaar te volg?
-
Dit stel ons in staat om in God se storie te leef, Dit fokus nie op beginsels of stappe of prrogramme nie.
-
Die belangrikste ding bly die belangrikste. Die Kerkjaar sentreer op Christus en word gevolg om sy menswording, bediening, dood, sterwe, opstanding, hemelvaart en die uitstorting van die Heilige Gees te herdenk. Ons sien, hoor en volg Jesus voortdurend.
-
Dit erken dat ons kalender ons lewens vorm. Dag tot dag en seisoen tot seisoen patrone vorm ons gedrag. ‘n Lewe gebou om die Kerkjaar is so ontwerp dat dit ons gewoontes om die een aspek vorm – om Jesus te volg.
-
Dit verbind persoonlike geestelikheid met aanbidding, familie en gemeenskap. Die Kerkjaar erken beide die individuele en korporatiewe reis van die gelowige.
-
Dit skep ‘n basis vir eenheid en ‘n algemene ondervinding vir Christene orals. Dit is ‘n eenheid van alle Christene in die evangelieverhaal. Ons vier dit dwarsdeur die jaar wanneer kerke van verskillende tradisies en denominasies die Kerkjaar vier en hulle aanbidding en gemeente se lewens daarby aanpas.
Wat die kerkjaar betref is tans in Paastyd.